• BIO

    0
    scissors
    March 23rd, 2009adminMiscellaneous/Diverse

    Malene Breytenbach (gebore 1 September 1948 in Port Shepstone) het tot ouderdom 14 in Gwelo (tans Gweru) in Rhodesië (tans Zimbabwe) gewoon. Sy was in die laerskool Cecil John Rhodes en die Hoërskool Chaplin. In 1963 het sy teruggekeer na Suid-Afrika, aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria gematrikuleer en aan die Universiteit van Pretoria die grade BA en BA(Hons) (Engels) behaal. Daarna het sy as vertaler gewerk. Sy en haar gesin het in 1985 na Stellenbosch verhuis waar sy die grade Hons, magister en DPhil in Joernalistiek, MA (Ou Nabye Oosterse Studie) en MPhil (Antieke Studie) behaal het en van 1990 tot 2008 aan die Universiteit Stellenbosch, in Openbare Betrekkinge, Kommunikasie en die Stellenbosch Stigting gewerk het. Tans skryf sy voltyds.

    In 2005 het sy by LAPA Uitgewers gedebuteer met ’n romanse, Palmyra herleef. Sedertdien is verskeie van haar romanses (kontemporêr, medies en histories) by LAPA en Tafelberg/NB-Uitgewers gepubliseer. Sy het ook vir Tafelberg romanses onder die skuilnaam Marilyn Bennett geskryf.

    Sy het ses romans geskryf en verskeie van haar kortverhale het in tydskrifte en bundels verskyn.

    ROMANS:

    Gister is ’n ver land (Tafelberg); Pluimprinse (Tafelberg); Bloedgrond (Tafelberg): Eenoogkoning (Naledi); Kennis is mag (Rosslyn-Pers); Yesterday is a Lost Country (EBoeke vir Afrika)

    ROMANSES:

    NB-Uitgewers:

    Hertog van die pampas ;  Tot die dood ons skei ; Verbode liefde ;  Roep van die woestynwind

    Hartklop:

    In jou hande; Hoe kwesbaar die hart; Heler van skade; Dokter sonder grense; Dokter van ver; Hartstog op see; Locum vir liefde; Hartstog op see; Eiland van drome; Met die oog op liefde; My redder my beminde; Grenslose liefde; Hartklop Omnibus 1, 2 en 3

    Satyn:

    Geheime liefde, Van sorg na liefde

    As Marilyn Bennett: Vir liefde en vryheid ; Waar liefde vonkel 

    LAPA Uitgewers:

    Palmyra herleef, Huis van my hart, Die geheim van Aurora, Godin van die wingerd, Diamante in die stof, Held uit die verlede, Liefste vreemdeling, Verskeurde hart, ’n Ster vir Stella, Skat uit die see, Oase van Liefde, Safari na liefde, Maak my hart gesond, Reünie van harte, Eiland van liefde, Doolhof van liefde, ’n Kasteel vir Moira, Liefde in Venesië, Intrige op Imbovali, Maya en die operaster, Lorna en die professor, Die professor en die beterweter

     Verhale in bundels: Bloots, Skarlakenkoors, Skrik op die lyf, Hartlam

     Adres: Le Sueurstraat 5, Brandwacht, Stellenbosch, Suid-Afrika, 7600    Tel: (021) 8875583 /(021) 8878061   Sel: 082 329 4432

    E-pos: mb2@sun.ac.za

       

     

    Malene Breytenbach (1948– )
    Erika Terblanche

    “Die vreugde om gepubliseer te word, is net so lekker, indien nie lekkerder nie, as om graad te verwerf.”

     
     
     

     

     

Comments are closed.