Romans/Novels

Historiese liefdesverhale

Hertog van die Hugenote

Die Hugenote in Frankryk word wreed deur die koning en die katolieke vervolg. Nadat Jeanne Marceau se man gevange geneem en as galeislaaf weggestuur is en dragonders by hulle ingekwartier is wat die mooi jong vrou teister, besluit die gesin om te vlug. 

Die Hertog Armand de Roubaix-Plessis help hulle om na die Cap de Bonne Esperance (die Kaap de Goede Hoop) aan die suidpunt van Afrika te vlug. 

Jeanne weet nie of haar man die galeie oorleef nie. Die hertog en ’n Nederlandse offisier, kaptein Jan-Hendrik van den Boogaerde, wedywer om haar liefde. 

Die Hugenote kry swaar om in die vreemde aan te pas. Vir Jeanne veral is die toekoms duister. Maar in dié duisternis brand die lig van liefde en ’n strewe na vryheid.

 

Diamante in die Stof

Katharina van Takel, die mooi dogter en erfgenaam van ʼn oënskynlik ryk Stellenbosse landheer, eienaar van die spogplaas Serenitas, word deur Francois de Villiers van Drakenstein die hof gemaak. Sy familie is vooraanstaand maar hy is slegs die tweede seun wat nie die plaas erf nie. Hy moet dus met ʼn ryk meisie trou.


Die bloedjong Katharina raak dadelik dolverlief op die aantreklike man wat meer volwasse en selfversekerd as sy is. Haar vader is nie ten gunste van dié “kale jonker” nie en sou die buurman, Cornelius de Wit, verkies het. Katharina wil egter vir Francois hê. 


Dinge loop skeef as Francois agterkom sy skoonvader is glad nie so ryk soos hy wou voorgee nie.


Katharina se liefdespad loop nie gelyk nie, en die meeste is opdraand. Maar sy is nie ʼn vrou wat sommer tou opgooi nie . . .

Kontemporêre Liefdesverhale

Liefde laat ‘n Spoor

Yvette Malherbe, ’n wynmaker van Suid-Afrika, gaan na die Champagne-streek in Frankryk en wel na die Chateau Vancy om die méthode champenoise te leer. Sy gaan egter nie slegs om by die aantreklike Comte Victor de Vancy te leer nie, sy gaan ook na die plek waarvandaan haar ouma Jonelle ná die Tweede Wêreldoorlog om een of ander rede deur haar aristokratiese familie verban is.

Yvette ontdek skokkende familiegeheime uit die Vancy’s se stormagtige verlede. Hulle weet nie wie sy regtig is nie. Op die spoor van liefdes van die verlede, vind sy self liefde.

gister-cover1pluim-cover

eenoog2 kennis-cover