Malene se kortverhaal Die beeld, word opgeneem in Lyfskap: Erotiese kortverhale, saamgestel deur Sophia Kapp en Leonie van Rensburg, uitgegee deur Lapa.
Die samestellers het gedink die boekbedryf is reg vir ’n uitdaging en het opdragte aan skrywers gegee. Gevestigde skrywers het 25 verhale geskryf en daarom het die stories meer om die lyf as blote erotika.
Daar is sagtebaard tot hardebaard. Daar is iets vir elke smaak, gier en ‘kink’.